Skip to content

The Bride’s Dilemma…

June 11, 2013

Mense vra dikwels vir my wat is die tipe dinge wat ek gereeld by troues sien. Partykeer wonder ek waar die vraag sy oorsprong vind; wil mense weet wat is die nuutste mode-neigings wat verband hou met troues, of wil hulle weet wat kan nou beskou word as ‘minder oorspronklik’? Antwoord my gerus!

I often find that a common ‘bride’s dilemma’ (it should really actually be the name of a serious disease of some kind), is finding a balance between what is considered as new, creative, never-been-done-before and things that are (to a certain extent at least) fashionable, trendy and modern. It seems tipping the scale to either side often results in an unhappy bride feeling inadequate because she cannot seem to make up her mind about what she, he or they would like.

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n antropologiese studie moes doen omtrent ‘n ritueel van enige kultuur wat teenwoordig is in Suid-Afrika. Nodeloos om te sê, het ek die grootste ‘ritueel’ van die Westerse kultuur gekies – troues. Na vele interessante akademiese studies (ja…jy het reg gelees) het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die wêreld maar ‘n uitbuitende, geldgierige en kommersialistiese wêreld kan wees. ‘n Hele paar boeke is al geskryf rondom die fenomeen van Westerse troues en die ontwikkeling van ‘n industrie rondom ‘n paar baie ontstellende idees wat alledaags geraak het onder bruide. Onder andere, die eindelose soeke na iets ‘beter’, ‘duurder’ en meer ‘oorspronklik’ as die vorige bruid.

However, the industry can and does have a range of positive things to it as well. I think most brides have this inexhaustible determination to make her wedding, her wedding. It is this endless search for something true to herself or themselves, that fascinates me. I have been to many weddings, and many of them may look the same, be at the same venue, have the same colour scheme, et cetera. But I cannot say that there was ever a similarity between the couples. That is something that stayed individual to each wedding – no matter what.

I guess what I’m trying to say is that I too, finally understand the ‘Brides Dilemma’, but that I have realised nowhere again will Grethe van Rensburg marry Bernard Bravenboer – and that should be my main focus.

PS. Since you asked, I compiled a list of things I have seen a lot 😉 Please don’t take offence – this is just a personal preference. I definitely liked these things as well at some stage and I’m sure that my list of #lovingit will be #justoverit in 3 months!lovingit

 

Not another…

May 30, 2013

Getting Married...I was ready to get rid of it all. I wanted the words on this blog to dissolve into thin air, a sweet but undistinguishable memory to whomever cared.

I do not regret ever embarking on this journey, but the development of my writing, even just in my own head made me realize that I was not writing just for the sake of writing anymore – I wanted to write what other people wanted me to write. Or even worse, I wanted to write what I thought they wanted to hear.

But then, he asked me to marry him.

(Insert here the ramblings of a newly engaged, overly excited, ‘I’ve-been-planning-this-since-birth’-y woman).

Perhaps one of the least significant things that has come out of all this, is the fact that I want to write again.

En nie op die hoërskool-agtige ‘skeppende skryfwerk’ wyse nie, nee. Ek het die behoefte ontwikkel om my ervarings te deel. En daarmee saam kom noodwendig ‘n stukkie ware ek.

En dit is ook hier waar die vrywaringsklousule ter sprake kom.

Diep binne in my, is ek lief vir alles wat pienk, spookasemerig en soet is. Ek hou eintlik van tierlantyntjies en soetkoekies.

Maar wanneer dit by dinge kom waaroor ek eienaarskap neem, dinge waaraan ek so gereeld blootgestel word dat ek moet kan onderskei tussen mooi en ongelooflik mooi, is ek krities. Heelwat krities – so wees maar dikvellig hierdie winter…

The Elephant in the Room

April 10, 2012

There was an old woman who lived in a shoe.

Maybe old women do live in shoes. Maybe they do so simply because they’re sorted. No space for elephants there. No issues. Too many children, they say. But who knows what the real truth is.

Maybe desolation and isolation has merely become her children. Calling them companions would just complicate a simple children’s rhyme with matters such as polygamy.

I wish I were an old woman. Living in a shoe. Then my door would be closed for all kinds of elephants – green, blue, short, tall, malnourished, obese – name them, you won’t find them here. Maybe then, I’d have more space for deep, dark companions.

Maybe I am an old woman. Living in a shoe. A smelly, old, worn-out shoe, but filled with elephants of all shapes and sizes. And millions of companions that lace from one hole to the next.

And should a friendly visitor, after carefully tip-toeing around all the elephants in my house, enquire about a specific old mother elephant carefully lodged between two bookends, I would simply reply: “O, that elephant? No, she’s been sitting in this room since…since…I can’t seem t0 remember. It has been a bit of a struggle to grow accustom to her, but she’s just an old woman. We (me and all my companions) have actually grown quite fond of her now.”

I am afraid that elephants do not go away merely because we ignore them. And if that makes me an old woman, then so be it. Go get me a shoe.

2011 se dinge: Op Versoek

January 6, 2012

Noudat ek oortuig is meer as 1 persoon lees my blog en versoek meer posts, het ek besluit om ‘n laat enetjie oor die ou jaar te skryf. Ek moet erken dat ek maar swaar afskeid geneem het van 2011, wat so baie drome, liefde en geluk gebring het. Moenie my verkeerd verstaan nie, swaarkry is die beste leerskool en daarvan het 2011 ‘n mandjievol gehad. Maar dis mos maar in ons menslike natuur (al is dit net sommige van ons) om die goeie dinge te onthou en te oordryf wanneer ons met mense gesels oor die afgelope jaar.

So daarom sal ek presies dit doen. Ek deel graag 12 lesse (ja, ek weet dis simpel, maar daar is een vir elke maand) wat ek hierdie jaar geleer het. Dis vreeeeslik lank, so neem ‘n diep asemteug of maak ‘n koppie tee 🙂

1. Yeah, you got me. With my hands up…

Sonop HKEk glo dit vat gemiddeld 2 jaar vir ‘n student (wel, enige persoon wat skielik onafhanklik moet wees) om gewoond te raak aan die idee van verantwoordelike vryheid. Ek, aan die ander kant, was nog altyd ooraktief pligsgetrou – oorverantwoordelik as’t ware. Met my nuwe rol as HK-lid, het ek dikwels met ‘n groot frons op my gesig besef dat ek eintlik nie besig is om die wêreld te red nie. Ek is bloot besig om ‘n groep mense te organiseer. Dit wat ek doen (of nie doen nie) gaan heel waarskynlik nie eens ‘n marginale verskil maak aan die wêreld nie. Miskien hierdie een meisie, in hierdie een koshuis, op hierdie een dorpie, in hierdie een land (you get the idea)…maar is dit die moeite werd om daaroor te tob in plaas daarvan om dit te geniet?Sonop Met my nuut-gevestigde, kommervrye lewe het ek begin om JOOL en alles wat daarmee saamkom, ongelooflik baie te geniet. Die van julle wat dit al beleef het, sal verstaan wanneer ek sê niks in hierdie wêreld kan daardie vriendskappe, laat aande, grappies, stories en lewenslesse beskryf nie. En die kommer? Watse kommer? Geluk het my oorval en arresteer – onverwags en opwindend.

2. I’ll see you soon

Ons
Vier-en-twintig Februarie was my en Bernard se 2 jaar-anniversary. Soos wat dit maar gaan, neem JOOL sy tol op meeste verhoudings en ons het bitter min tyd gehad vir mekaar. Voordat ons begin uitgaan het, het Bernard vir my ‘n CD gemaak met liedjies, onder andere ‘See You Soon’ van Coldplay. Nadese, het ons mekaar dikwels gegroet met ‘see you soon’ – as of om vir mekaar te sê: “Ek het nog nie vergeet dat ek jou bitterlik liefhet nie” (maar minder corny natuurlik). So in Februarie het die tyd uiteindelik aangebreek dat ons mekaar weer kon sien. Buiten ‘n wonderlike aand vol sushi, fondue en sterre, het ek baie geleer van Februarie en ons liefde. Dit is vir my ‘n troos dat ons altyd mekaar sal vind – ongeag hoe tyd en alles anders verbygaan.

3. Kom ons vind geloof in mekaar

By 'n 21stMaart kom met ‘n gesonde dosis koshuisaktiwiteite waarvan ek deel is. Seksie-verwante partytjies en huisfondsdanse is aan die orde van die dag. Dis egter nie waar ek my waarde kry nie – wel ten minste nie die keer nie. Nee, hierdie maand leer my van ‘nag-gesprekke’ – dit is nou daardie tipe gesprekke waarby ‘n hele aantal mense van diverse agtergronde wat nie een mekaar vreeslik goed ken nie, tot ounag toe sit en kuier in my kamer. Partykeer was dit pasta en wyn, ander kere net ‘n koffie of OBS om die kele nat te hou.

Maar daar is gepraat totdat ons nie meer ons oë kon oophou nie. Meeste van ons was bereid om ons slaap op te offer (want 8 uur klas is geen grap nie) vir iets so alledaags soos ‘n gesprek. Vreemd genoeg, is dit juis die plek waar ek God dikwels die meeste ervaar – ‘n tipe warmte kom saam met hierdie ‘random’ mense wat later jou hartsvriendinne raak, ‘n tipe liefde en aanvaarding, ‘n tipe vreugde waaroor daar nog die volgende dag aan etenstafel gepraat word. Dit is hierdie dinge waarna ek nog lank na my koshuisdae sal verlang.

4. I Love College

Swot...iPod maak baie dinge beter

In hierdie mooie mooie maand, het die akademie begin inhaal. Ek het skielik besef dat dit amper eksamen is en alles wat daarmee saamkom. Ek het een naweek vir Bernard gaan help by ‘n (baie duur) troue op ‘n wildsplaas naby George. Alles hier was topgehalte met diens waarvan jy net kan droom. Die paartjie deel ons toe mee dat hulle so gaaf was om vir ons ‘n huisie te bespreek vir die aand – toegerus met ons eie ‘barfridge’ en een van daardie baddens wat so uitkyk oor die seekoeigat (ironies?). Nog nooit wou ek so graag oorbly nie, maar ek het die volgende dag klas gehad en toets geskryf. Ek was so spyt en vies vir myself al die pad terug Stellenbosch toe.
DrafsessiesJy weet jy het dit ook al gedoen...In daardie oomblik, het ek onthou dat iemand een keer vir my vertel het dat ek ‘n vreeslike onvermoë het om die keuses wat ek neem, te vier. April het my geleer dat student-wees (en enige ander rol) kom saam met ‘n gebalanseerde hoeveelheid pret en (verskoon maar) ‘shittyness’. Natuurlik is daar ook niks wat ‘n McDonald’s ‘drive through’ nie kan regmaak nie…[NS. Ek het ook my mooiste eerste hasie verloor in hierdie maand, waaroor ek vroeër geskryf het en ook baie by geleer het: https://grethemeisie.wordpress.com/2011/04/23/sy-naam-was-dawie/]5. Remember the footsteps, remember the words said

my mooie uitsigEk onthou hoe ek een keer vir iemand vertel het wat ‘n vreemde gedagte dit is om te dink dat alles wat ek nou rondom my sien in my kamer, eendag anders/weg gaan wees. In Mei, het ek besef hoe vining tyd uitloop en hoe lekker dit is om my eie kamer te hê met al my eie goed en die mooiste uitsig waaraan jy kan dink. Ek het summier my kamera uitgeruk om foto’s te neem van my kamer soos ek dit altyd wil onthou: alles net mooi reg en op sy plek. Meeste mense na aan my weet hoe moeilik dit vir my was om uiteindelik uit te trek daar. My kamer huisves soveel van my goeie en slegte herinneringe, my voorliefdes, my vrese, my drome en melodieë wat ek altyd neurie. Dit was ‘n groot eer om so ‘n wonderlike seksie en uitsig te kon hê.

6. Shaping me up for the big time, baby

My uitsig in die kantoor vroegoggend

In Junie begin ek by Pep hoofkantore werk as deel van my kursus se verpligte internskap. Hierdie maand (omdat dit vakansie is) moet ek ook huistoe trek (met bykans al my besittings), waar my broer-hulle ook onlangs ingetrek het, terwyl hul huis gebou word. Die eerste paar dae by die werk was redelik stil, maar die vroeg-opstaan en in-die-donker-werk-toe-ry vang my elke keer. Om nie eens te praat van lewe-uit-die-tas nie. In hierdie tyd, het ek geleer dat ek in enige omgewing, dikwels dieselfde tipe mense na my toe aantrek. Ek is eintlik baie skaam en daarom was die nuwe werk en mense ‘n baie uitdagende tydperk. Maar, die mens se vermoë om binne ‘n kwessie van ‘n week ‘n roetine van iets te maak, verstom my dikwels. Alhoewel ek die werksomgewing self ook baie geniet het, was dit die ‘lunchbreaks and smokebreaks’ wat my die meeste geleer het van die werkende wêreld en die besonderse mense wat deel is daarvan.

7. Memories are fresh

Hierdie maand breek die familie-vakansie aan waaraan ons begin reel het sedert verlede jaar hierdie tyd. My gesin en hulle gesinslede is redelik groot…en dis ligtelik gestel. Ek en Bernard het besluit om saam met 13 ander gesinslede die Nasionale Kruger Wiltuin aan te pak. Dit was, buiten vir die feit dat dit ‘n wildtuin is, ‘n baie opwindende ervaring! Behalwe dat ek Bernard amper total en al genees is van kinders-kry, het ons ook baie van mekaar leer ken. Ek het ook geleer dat ‘n verenigde familie ‘n tipe sinergie (yes, I did just say that) na vore bring wat moeilik bestaan buite sulke omstandighede.

Die wintersoggende van rondry opsoek na die reuse van die wêreld, verleen ‘n tipe ongekunsteldheid aan jouself en die mense rondom jou. Familie is en sal altyd daardie mense wees wat ‘n gegronde en ervare liefde vir jou het – iets wat nie sommer as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

8. You were only waiting for this moment to arise

Augustus bring saam met dit ‘n reeks koshuisomwentelings en –veranderinge. ‘n Nuwe HK word aangewys en ons laaste termyn het vining tot ‘n einde gekom. Hierdie maand is dit ook die groot sêr-maand waar daar tot vroeg oggende geoefen word, woorde geleer word, en bewegings aangeleer word. Dit is hierdie tye wat ek die koshuisinwoners baie jammer kry – hulle moet luister na ongerepeteerde harmonieë en loop hulself dikwels vas waar ons in die ontspanningsaal oefen met ons hoë hakke (om dit in te loop) en pajamas (want dit was te veel moeite om aan enigiets anders te dink). Behalwe vir die ongelooflik baie deursettingsvermoë van almal wat jaarliks betrokke is by die reel en bymekaarsit van hierdie gebeurtenis, is daar ook baie dinge wat jy kan leer uit die ervaring. In my vroeër jare van koorsing, het ek dikwels gedink dat die gevoel van optree op ‘n verhoog voor mense, ongeëwenaard is. Hierdie jaar het egter geleer dat die eerste paar oomblikke voor en na die optrede, net so spesiaal is. Dit is moeilik om vir mense te verduidelik watter gevoel van kameraadskap daar heers – asof jy pas ‘n oorlog oorwin het saam met hierdie mense langs jou.

9. Charlie, don’t let the girls hurt your heart

Bernard het eintlik al in Augustus ‘n nuwe hondjie gekry, maar die maand was so besig dat ek eintlik eers myself toegelaat het om iets by hom te leer in September. Die mooiste klein Lemon Beagle – Charlie – het in ons lewens ingekom einde Augustus. Van dag een af was hy baie gebonde aan mense en dinge rondom hom en het die hele pad van Mosselbaai af tot in Stellenbosch, gehuil oor sy sussie wat nie kon saamkom nie. Soos met enige nuwe wesie in die huis, was die eerste rukkie baie moeilik – wat slaap, dissipline, eet en alles anders betref. Ek het Bernard vreeslik jammer gekry, omdat my lewenstyl en verpligtinge van hom ‘n enkelouer gemaak het. Mamma het partykeer kom kuier, maar meestal met ‘n handboek en liniaal. In hierdie maand het ek geleer hoe lief ‘n hondjie vir sy baas kan raak (en vice versa). ‘n Beste vriend met die sagste pels weet darem maar net hoe om ‘n mens te laat beter voel wanneer jy moeg en moedeloos by die huis kom.

Intussen het ek ook ‘n nuwe hasie gekry met die naam Harry. Hy is baie mens-sku maar het die oulikste groot pote en is mal oor sy haaskos en strooi (hy eet dit soos ‘n ‘papershredder’). Partykeer, as ek bang is om alleen te gaan piepie in die nag, dra ek hom saam – al is dit net om die potensiële aanvaller te verwar. My eie klein waghaas…:-)

10. And given half the chance, would I take of it back?

Ek en my ouers

Oktober is my verjaarsdagmaand. Meeste van hierdie maand (en die tydjie voor dit), is gebruik om die immergewilde tradisie van ‘n 21ste verjaardagpartytjie te reël. Alhoewel ek dit meeste van die tyd geniet het, het ek die aaklige gewoonte om myself baie te steur aan wat mense gaan dink. ‘Gaan x kwaad wees as y daar is? Wat as z hoor dat x en y eintlik vyande is? Of wat as x intussen 2x geraak het?’ Nodeloos om te sê, het dit my vreugde effens gesteel. Ek is nou nog bang om die foto’s op facebook te post omdat ek bang is ek kry ‘hatemail’ van mense wat nie genooi is nie.

Hoe dit ookal sy, die aand self het my asem weggeslaan. My pa het die mooiste dinge te sê gehad en ek het nie vir een oomblik ongeliefd gevoel nie (iets wat ek nie noodwendig altyd waarneem nie). Daar was spesiale oomblikke wat ek vir ewig wil koester en ek is so bevoorreg dat dit nie ‘n antiklimaks was of dat die weer nie lekker saamgespeel het nie. Dit is sulke oomblikke waar tyd, spreekwoordelik dans en nie net verbyvlieg nie.

11. I’ll mend myself before it gets me

My klasmaats en ek by ons gradeplegtigheidNovember was seker die moeilikste maand van die jaar. Terug by die koshuis waar ek skielik nie meer nuttelose tydverdyf hoef uit te voer nie, maar ook nie meer so relevant gevoel het soos voorheen nie. Ook terug by die klas waar alles stadig maar seker begin ophoop het in aanloop tot die finale eksamen voor ek my graad kan slaag. Ek het hard gewerk, maar kon nooit ophou stres oor die moontlikheid van allerhande katastrofes tydens die eksamen nie – ‘Wat as ek opdaag vir die verkeerde vak? Wat as ek glad nie opdaag nie? Wat as ek nie kan onthou nie? Wat as ek nie klaar geleer is nie?’ Ek het begin besef sulke gedagtes kan my baie duur te staan kom en met baie hulp van ALMAL om my, het ek beheer geneem van my lewe en net op my tande gekners. Dit was uiteindelik alles die moeite werd, toe ek middel November hoor dat ek wel my graad geslaag het. Hierdie maand het my geleer om deur te druk, beteken dikwels om nog ‘n hele ruk langer vas te hou nadat jy eintlik klaar besluit het om te laat gaan. En glo my, dis die moeite werd om nog ‘n rukkie vas te hou. Dit werk. Elke keer.

12. You couldn’t have loved me better

So nou is dit Desember (ten minste nog êrens in my verstand). En ek wonder steeds hoe om totsiens te sê van ‘n so ‘n ervaringryke jaar. ‘n Deeltjie van my wil vir ewig daar bly, want ek weet die jaar kon my nie meer bied as dit wat hy het reeds het nie. Maar ek weet ook dat die jaar reeds weg is. Een van ons moes die metaforiese verhouding beëindig, en dit was hy. Omdat ek te tingerig was. Of te sentimenteel. Noem dit wat jy wil, ek moet aanbeweeg. So nou doen ek. Hierdie blogpost was die laaste teug aan my sigaret, die laaste Lindt-sjokoladebol, die laaste druppel in my wynglas. So ek hoop (al is ek effe laat) dat die nuwe jaar my met ope arms sal aanvaar en dat ons verhouding nie langer as 12 maande sal duur nie – wie wil nou in elk geval in ‘n langtermyn-verhouding wees? 😉 Hier begin die wittebroodfase…verlief en verlore op 2012.

Fantasie en Grootword

December 19, 2011

‘n Paar jaar gelede was ons met vakansie in die VSA, Chicago. Ons het by vriende tuisgegaan in ‘n piepklein dorpie, Lewistown. Ek was vroeg-hoërskool en op eens effe angstig oor hoe die res van my lewe gaan uitdraai – wat ek eendag sou doen vir ‘n lewe, of ek ‘n man sou ontmoet met wie ek bereid sal wees om die res van my lewe mee te spandeer, hoe dit moet voel om werklik ‘groot’ te wees en diesmeer. Ek was een aand laat slapeloos en het uit my bed gesluip om deur die groot venster in die leefkamer die sneeu buite dop te hou – die alledaagse, magiese verskynsel. Met die konfrontasie van ‘n gebeurtenis wat so dikwels net in my verbeelding bestaan het (vantevore het ek altyd gedroom oor ‘n wit Kersfees en meter-diep sneeu wat op die grasperk lê), het my senuwees geleidelik begin kalmeer. Die sesjarige dogtertjie in my het niks van slaap gehou nie en ek sou my brein dikwels besig hou met fantasie-reise na plekke en gebeure wat ek nog altyd wou ervaar. En hier sit ek nou. Lewensgroot (wel, soortvan), en kyk uit op die manifestasie van my kinderdrome.

Vandag het my gradeplegtigheid-foto’s in die pos gekom. Ek sit nou op ons TV-kamer bank en kyk dit vir die hoeveelste keer deur. As iemand my destyds, op daardie leefkamer-bank in Lewistown, sou vertel dat ek eendag op soortgelyke wyse sal sit en deur hierdie foto’s kyk, sou ek dit moeilik vind om selfs te verbeel.

So nou is ek weer wakker. En angstig. En baie van my vrae is steeds dieselfde – ironies genoeg. Maar ek weet nou dat ek weer eendag op ‘n bank gaan sit en tuur na buite – in verwondering oor waar die Here se liefde, genade en hoop my gebring het. So ek sal vanaand aan die slaap raak met my kinderdrome van destyds, omdat fantasie dikwels nie so ver is van die werklikheid soos wat ons dink nie.

We call it ‘living’

August 21, 2011

 ‘n Mens sou dink dat so ‘n blogpost sal begin met ‘n storie oor ‘n onlangse oorsese reis, of die studentelewe wat ek nog altyd wou gehad het, of selfs miskien net ‘n idiliese oggend van rondrits en impulsiewe kopies maak. Na ‘n baie leersame (lees: teleurstellende) week, het ek gehoop dat die naweek miskien die belofte van iets nuuts (lees: beter) inhou.

Maar helaas.

Vanoggend was ek aan diens by die koshuis, en die onderste verdieping se badkamer het oorstroom.

Ek het my voorgeneem om uiteindelik vandag vir my troetelhasie, Harry, strooi te gaan koop in Panorama, omdat geen winkel in Stellenbosch het nie. En vanweë my fantastiese beplanningsvernuf, het ek nie daaraan gedink om na die openingstye te kyk voordat ek die reis aanpak nie.

En toe kom die hongerpyne. En die alewige vergeetagtigheid om vir ete te bespreek.

En toe sit ek, in Voortrekkerweg in die lelikste straat voor ‘n “CLOSED” troeteldierwinkel en eet ‘n take-away Wimpy burger.

En ek lag – vir die eerste keer in twee weke. Met ‘n traan teen my wang.

We call it ‘living’.

Uhm…tuisteskeppers

July 5, 2011

Ek het hierdie vakansie gewerk. Nie soos in my pa se kar gewas, of my kas reggepak, of geswot vir ‘n hêr nie, nee – ek het soos dit ‘n jong volwassene betaam, van 8 tot 5 gewerk. Wel, om dood eerlik te wees, ek het van 7 tot 4 gewerk, omdat ek fleksie-tyd ten volle wou benut 😉

Hoe dit ookal sy, ek het onmenslik, oneindig baie kennis (en meer wysheid) verkry vanuit hierdie ervaring as wat ek ooit sou kon dink. Ek kon egter nie myself sover kry om te blog in hierdie tyd nie, want die ‘werkerswêreld’ vat meer uit ‘n mens as wat ek sal wil erken…

Gedurende hierdie tyd het ek, onvermydelik natuurlik, baie tyd in verkeer spandeer. En nee, ek het nie eens ‘n grieseltjie meer geduld as voorheen nie. Ek het baie gewoontes opgetel, soos die oormatige gebruik van die toeter, maar min hiervan is goed. Een ding het my wel opgeval – tuisteskeppers (ek het onlangs met my voet in my mond gesit na die gebruik van die woord ‘huisvrou’).

Ja – daardie middeljarige vrouens wat heel duidelik in verkeer sit, oppad terug van ‘n kruideniersware-uitstappie, ‘n uitputtende rugby-wedstryd as ondersteuner (vir Jannie, wat uiteindelik die B-span gemaak het) of selfs hedendaagse ‘interaktiewe’ ballet-klasse. Dit is in hierdie verkeer, oppad terug huistoe, wat ek die fenomeen van afskeepwerk, aanskou.

Jannie trek Sannie se hare want dié terg hom oor sy haasbekkie, terwyl Sannie die koekie wat sy pas uit die kruideniersware-sak gesteel het, al aan die agterkant van die bestuudersitplek, afvee. Mamma is op haar selfoon (geen speakerphone, as gevolg van die rasende passasiers) besig om vir Pappa te verduidelik waar sy die sokkies ingepak het vir my besigheidsreis.

Mamma dink nie aan haar hare nie.

Ook nie aan die sjokolade (-skuld-)streep wat op haar broek bly sit het nie.

En vir seker ook nie aan daardie paar afgeleefde winterstewels waarmee sy die petrol intrap nie.

En dis waaroor ek kies om te skryf na maande – tuisteskeppers en hul voorkoms

Noem hierdie maar cliché, noem dit maar ‘n huldeblyk, noem dit ‘n goeie opskrif vir die Huisgenoot, maar dit is vir almal daar buite wat vergeet het hoe goed dit voel om ‘n nuwe rok, velproduk, haarstyl (noem dit maar op) te ontvang.

Want as daar een ding is wat my ook opgeval het, is dit die wonder van wat iets hedendaags, maar nuut, kan doen vir doodgewone (maar tog als behalwe) tuisteskeppers.